Ontmoet vir Juffrou Anri
Ontmoet vir Juffrou Anri!
Juffrou Anri glo elke leerder verdien buitengewone opvoeding, en dat elke onderwyser oor die hulpbronne moet beskik om dit moontlik te maak.
Ons kondig met trots aan dat ons nou saam met Juffrou Anri se passievolle span onderwysers werk om ondersteuning aan soveel moontlik onderwysers te bring.
Wat kan ons by Juffrou Anri leer?
Die Juffrou Anri-span beskik oor 'n magdom wenke en wyshede oor alles wat in die klaskamer gebeur, en nou deel hulle hierdie wenke met ons! Juffrou Anri gaan elke twee weke ons bederf met nuwe insigte wat onderrig lekker en maklik gaan maak.
Wat bied Juffrou Anri vir onderwysers?
Alle hulpbronne wat onderwysers kan help om onderwys maklik te maak, van klasdekor, weeklikse beplanning, plakkate, werkboeke, vraestelle en vele meer. Besoek Juffrou Anri by: www.juffrouanri.com
