Skip to main content Skip to footer

Meer oor Tippie

Leer my lees met Tippie, is ’n trots Suid-Afrikaanse gegradeerde leesreeks. Tippie fokus op die leeruitkomstes soos uiteengesit in die Nasionale Kurrikulum.

Ek as opvoeder verkies julle reeks, omdat die Vlak 1 + 2 boeke dekodeerbaar is en nie die graad 1-leerders afskrik van lees met groot woorde nie. As 'n resultaat het hulle baie meer selfvertroue as hulle lees en geniet dit om te lees.

- Sjané Smit, Wittedrif Primêr

 

Tippie fokus op die boustene van lees- en taalontwikkeling:
Mondeling, leesbegrip, fonologiese en fonemiese kennis, woordeskat ontwikkeling, leesvlotheid en klankkennis.

Tippie gebruik ’n kombinasie van 'n holistiese - en eklektiese benadering wat ook ’n sintetiese klankbenadering insluit:
Van klanke tot lees: fonologiese en fonemiese bewustheid, aanleer van klanke, sigwoorde, leeskaarte en gegradeerde leesboeke.

Tippie sluit ’n multi-sensoriese en kinestetiese benadering tot leer in:
Tippie is visueel, ouditief en taktiel. Tippie glo leerders moet aktief betrokke wees by die leerproses. Sistematies, eksplisiete leerervarings skakel oor in outomatiese vaardighede. Tippie is progressief en elke leesboek en aktiwiteit bou op voorkennis.

Beplanning en voorbereiding word vergemaklik deur addisionele hulpbronne:
Tippie het ’n interaktiewe aanlyn leerplatform met addisionele en aanvullende leermateriaal.

Tippie se produkreeks maak voorsiening vir verskillende tipes lees:
Hardop lees, gedeelde lees, groepbegeleide lees, lees in pare en ook onafhanklike lees. Tippie is geskik vir beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal.

Tippie is nie graadspesifiek nie:
Skole en leerders se behoeftes is divers en Tippie spreek hierdie behoeftes deur VLAKKE aan. Leerders beweeg progressief deur die vlakke soos hulle die uitkomstes bemeester. Tippie maak multi-graad en ’n inklusiewe benadering moontlik.

Gaan loer na ons produkte-afdeling om te sien watter produkte Tippie alles bied!