Skip to main content Skip to footer

Skoolbesoeke

Hoe werk ’n Tippie-skoolbesoek?

  • As die skool onlangs baie Tippie’s aangekoop het, doen ons dit vir ’n baie klein fooi om die skoonmaak van die uitrusting te dek.
  • Die besoek is gratis indien die skool R10 000 se Tippie’s aankoop.
  • Teen 'n fooi van R450 kan die LAPA-span iemand saambring om die kostuum aan te trek. Alternatiewelik, kan die skool iemand voorsien.

’n Ander opsie is dat die skool ’n tweedagboekverkoping by julle skool aanbied.  Dit sal alles deur een van ons agente hanteer word.  Op die eerste dag van die verkoping besoek die klasse een vir een die saal om na die boeke te kyk.  Op die tweede dag is die verkoping oop vir alle leerders om boeke te koop. Die skool kry dan diskresionêre afslag van die verkope terug in die vorm van boeke. Indien julle die boekverkoping doen, besoek Tippie gratis julle skool.

Stuur gerus ’n e-pos aan info@klaskameraad.co.za om ’n skoolbesoek te reël.

B’s en V’s geld.