Ons bundels vir die Kwartaal 3-letterkundeprojek
Die Skool vir Rampspoedige Talente
Saamgestel deur Marieta Nel
Aanbevole grade: Graad 4 tot 7 Huistaal en Graad 8 tot 9 Eerste Addisionele Taal
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die Huistaalklaskamer.
Meer oor die boek:
In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Mia Arderne, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. 'n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.
Klik hier om die eerste kortverhaal uit hierdie bundel te lees.
Wat sluit die studiegids in?
Hierdie studiegids kan vir elke onderwyser help om literatuurstudie met die nodige
selfvertroue en passie aan te bied.
Dit bevat teoretiese gedeeltes van elke genre, opsommings en vrae van die verskillende stories. Dit bevat ook heelwat werksvelle wat net so vir die leerders gefotostateer kan word. Daar is ook ’n voorbeeld van elke genre ingesit om te gebruik vir die kwartaal 3-projek.
Klik hier om die riglyne vir die eerste stap in die letterkundeprojek af te laai.
Blinkertjies in Pa se Baard
Saamgestel deur Marieta Nel
Aanbevole grade: Graad 4 tot 7 Eerste Addisionele Taal
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die Eersteaddisioneletaal-klaskamer.
Meer oor die boek:
In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Susan Ongansie, Anzil Kulsen, Annerle Barnard, Elizabeth Wasserman, Fanie Viljoen ... en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders vir die kwartaal drie letterkundeprojek wat deel is van die CAPS-kurrikulum. 'n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.
Klik hier om die eerste kortverhaal uit hierdie bundel te lees.
Wat sluit die studiegids in?
Die bundel Blinkertjies in Pa se baard kan met groot vrug in die klaskamer gebruik word. Dit kan vir die gr. 4’s aangekoop word en hulle kan dit dan regdeur gebruik tot in graad 7. Daar is genoeg tekste vir vier jaar. Ons weet ook dat verskillende leerders op verskillende leesvlakke in ’n spesifieke graad is. Hierdie bundel is juis so saamgestel dat daar voorsiening gemaak
word daarvoor.
Die bundel het ’n QR-kode voorin. As jy of die leerders dit inskandeer, kan julle na ’n
voorlesing van die teks luister, dikwels deur die skrywer self. Dit het die dubbele nut dat dit
eerstens die leerders na iemand anders se stem kan laat luister en tweedens help dit die
leerders wat ekstra hulp nodig het.
Klik hier om die riglyne vir die tweede stap in die letterkundeprojek af te laai.
Tyd is 'n B**ksem
Saamgestel deur Marieta Nel
Aanbevole grade: Graad 8 tot 9 Huistaal en Graad Eerste Addisionele Taal
'n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die hoërskoolklaskamer.
Meer oor die boek:
Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders, vir beide huistaal- en eersteaddisioneletaal-sprekers. ’n Aparte studiegids sal ook vir onderwysers beskikbaar wees wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
In hierdie bundel lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard ... en nog meer!
Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.
Klik hier om die eerste kortverhaal uit hierdie bundel te lees.
Wat sluit die studiegids in?
Die studiegids bestaan uit 'n stel vrae en antwoorde oor elke teks in die bundel asook hoe om navorsing in die letterkundeprojek te benader. Die studiegids sluit ook gepaardgaande matrikse en kontrolelyste in.
Klik hier om 'n gratis aktiwiteit oor die verhaal wat ons verskaf het af te laai.