Skip to main content Skip to footer

Wolk as voorgeskrewe boek

Wolk

Skrywer: Hannes Barnard

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 9 tot 10 Huistaal en Graad 11 tot 12 Eerste addisionele taal

Meer oor die verhaal:

Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas 'n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.

Wat sluit die studiegids in:

1. Inleiding – Die gids 
2. Inleiding – Die roman 
3. Omslagontwerp, flapteks en titel 
4. Lokprent 
5. Die skrywer 
6. Onderhoud met die skrywer 
7. Tyd, ruimte en verteller 
8. Plot (intrige) en storie 
9. Temas 
10. Karakters en karakterisering 
11. Kontekstuele vrae 
12. Opsteltipe vrae 
13. Voorgestelde antwoorde op kontekstuele vrae per hoofstuk 
14. Voorgestelde antwoorde op opsteltipe vrae 

Klik hier om die temas in Wolk te bestudeer

Leerders van Jim Fouché in Bloemfontein is mal oor hulle voorgeskrewe boek!