Skip to main content Skip to footer

Tippie leer klanke

Tippie leer klanke is ontwikkel in samewerking met ’n arbeidsterapeut om verskeie vroeë ontwikkelingsvaardighede in te sluit. Klankvaslegging, korrekte klankvorming vir skryf asook ouditiewe en visuele perseptuele vaardighede vorm deel van hierdie unieke benadering.

Hierdie reeks sluit ’n verskeidenheid versteekte kurrikulumuitkomstes in met visuele struktuur vir ’n duidelike begin en einde. ’n Gestruktureerde werkswyse met ’n fokus op links na regs, bo na onder word ook van die begin af aangeleer. Leergereedheid is belangrik.

Tippie leer klanke is ’n makliker manier om klanke op ’n ouderdomstoepaslike en kindgerigte wyse aan te leer.

Daar is 26 titels in die Tippie leer klanke-bokspak.