Skip to main content Skip to footer

Tippie doen Wiskunde

Leer speel-speel saam met Tippie die olifant en ontdek basiese wiskunde beginsels in elke A4-aktiwiteitsboekie.

Vlak R
Die Tippie doen wiskunde Vlak R-reeks fokus op die boustene van wiskundige geletterdheid en gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas binne spesifieke Tippie- temas. Konsepte ingesluit in hierdie reeks is, getalbegrip 1 - 10, vorms en grootte, ruimte, meting, patrone, tyd en geld, asook storiesomme.

"Die maats geniet dit so baie om in hulle Tippie-boeke te werk. Ons het die week eers konkreet oor nommer 3 geleer deur dit met klei te vorm, op die pennetjieborde te pak, en dit in sand te skryf. Tippie doen wiskunde is 'n prettige manier om dit net nog verder vas te lê." - Graad R KleuterAkademie

Vlak 1
Die Vlak 1 Wiskunde-reeks fokus op die voorkennis van Vlak R en bou verder op die boustene van wiskundige geletterdheid. Vlak 1 gee aan jong kinders die geleentheid om verskeie vaardighede te leer en toe te pas na aanleiding van spesifieke Tippie-temas.

Tippie doen wiskunde is progressief en ons beveel aan dat jy by Boek 1 begin om vaslegging te verseker. Die breë uitkomstes in hierdie reeks is, getalle, bewerkings en verwantskappe. Patrone, funksies en algebra asook ruimte, vorm, meting en datahantering word deurlopend in hierdie reeks aangeleer.

Hierdie reeks fokus op funksionele uitkomstes en daar word slegs van die kind verwag om geskrewe antwoorde neer te skryf as dit bydra tot die uitkomstes vir wiskunde.

Vlak 2
Die Vlak 2 Wiskunde reeks fokus op die voorkennis van Vlak 1 en bou verder op die boustene van wiskundige geletterdheid. 

Die breë uitkomstes in hierdie reeks is getalle, bewerkings en verwantskappe. Patrone, funksies en algebra asook ruimte, vorm, meting en datahantering word deurlopend in hierdie reeks aangeleer.
Tippie doen wiskunde Vlak 2 fokus op funksionele uitkomstes, bied geleentheid vir selfassesering en sluit aantal tydgebaseerde aktiwiteite in. Duidelike vordering sowel as kurrikulumuitbreiding is in hierdie reeks ingesluit.

Die Tippie doen wiskunde Vlak 2-reeks bestaan uit die volgende 10 titels:

Boek 1: Ontdek in die oerwoud
Getalbegrip 1 – 20 / Hersiening en basislynassessering vir Graad 2 Wiskudige geletterdheid

Boek 2: Ontdek met monsters
Getalbegrip 1 – 30 / Meting: kalenderwerk / Tyd: half- en kwartuur / Vermenigvuldiging / Plekwaarde / Simmetrie

Boek 3: Leer in die ruimte
Getalbegrip 1 – 40 / Meetkunde: 3D-vorms / Afmetings: lengte en gewig / Plekwaarde

Boek 4: Ontdek met loopbane
Getalbegrip 1 – 50 / Breuke / Afronding tot naaste 10 / Suid-Afrikaanse geld / Datahantering: sirkeldiagram / Meting: kalender en tyd

Boek 5: Leer met reptiele
Getalbegrip 1 – 60 / Afmetings: lengte / Verhoudings / Afronding / Patrone / Oorslaantel / Plekwaarde

Boek 6: Ontdek met vervoer
Getalbegerip 1 – 70 / Meting: afstand, spoed en kapasiteit / Verhoudings / Breuke / Patrone en volgorde / Datahantering: pictogram

Boek 7: Leer onder die see
Getalbegrip 1 – 80 / Afmetings: lengte en hoogte / Vermenigvuldiging / Afronding /Plekwaarde / Datahantering: sirkeldiagram

Boek 8: Ontdek in die biblioteek
Datahantering: telkaarte

Boek 9: Leer meer oor geld
Getalbegrip 1 – 100 / Suid-Afrikaanse geld / Verhoudings / Sakrekenaarpret / Plekwaarde

Boek 10: Leer terwyl jy deur die wêreld reis
Getalle, bewerkings en verwantskappe / Patrone, funksies en algebra / Meetkunde: ruimte en vorm / Meting / Datahantering / Basislynassessering vir Graad 3 wiskundige geletterdheid