Skip to main content Skip to footer

'n Meesterplan vir 'n manjifieke brein

Titel: Breinspeletjies vir slimkoppe

Skrywer: Ronel Barkhuysen

Voorgestelde ouderdom: 7+

Welkom in die wêreld van breinspeletjies vir kinders! Hierdie speletjies is nie net hope pret nie, maar ook baie nuttig om kinders se denkvermoë, geheue, kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede te ontwikkel. As jy heeltemal nuut is tot hierdie opwindende wêreld, dít is wat jy van hierdie bokspak kan verwag.

Daar is 20 breinoefeninge wat saam met die stories uitgevoer kan word. Die oefeninge lê opgesluit in 20 gekleurde sterre, onder andere:

Wat lê agter die oefeninge wat deur die sterre aangedui word?

Marsmaters
● spieropwarming
● ontwikkel dissipline en vasberadenheid
● vinniger reaktiewe vaardighede

Trap-raak-trappies
● laterale bewegingskoördinasie
● verbind areas van die brein vir optimale doeltreffendheid

Enkel-raak-spore
● verbeter balans en koördinasie tussen regter- en linkerledemate
● versterk luistervaardighede

Wat beteken elkeen van hierdie sterre en kleure?

Marsmaters
Lig jou regterbeen, knie effens gebuig. Trap nou af met jou been.
Lig jou linkerbeen, knie effens gebuig. Trap nou af met jou been.
Marsjeer regs, links, regs, links, regs, links ...
Herhaal 5 keer aan elke kant.

Trap-raak-trappies
Trap na regs met jou regtervoet.
Sit jou linkervoet langs jou regtervoet.
Trap na links met jou linkervoet.
Sit nou jou regtervoet langs jou linkervoet.
Herhaal 5 keer aan elke kant.

Enkel-raak-spore
Lig jou regtervoet van die grond af.
Raak aan jou regterenkel met jou linkerhand.
Lig jou linkervoet van die grond af.
Raak aan jou linkerenkel met jou regterhand.
Herhaal 5 keer aan elke kant.

Die bokspak bestaan uit 20 interaktiewe stories. Wanneer hierdie stories gelees word, moet die kleurkodes wat met verskillende kleure sterre en nommers langs die verskillende bewegings verskyn, in gedagte gehou word. Hierdie sterre dui aan watter soort oefeninge gedoen word, wat die impak daarvan op die brein is en wat die voordele van hierdie bewegings is. Elke storie bestaan uit min of meer tien paragrawe.

Kom ons kyk na een van die paragrawe in die storie, Krap vang 'n kriewelrige ruspe:

Hier kan ons sien ons moet "trak-raak-trappies" saam met die krappie doen soos uitgebeeld deur die rooi sterretjie in die teks:

Trap regs met jou regtervoet.
Sit jou linkervoet langs jou regtervoet.
Trap na links met jou linkervoet.
Sit nou jou regtervoet langs jou linkervoet.
Herhaal 5 keer aan elke kant.

Saam met elke interaktiewe storie kom daar ook 'n bykomende bordspeletjie. Klik hier om Krap vang 'n kriewelrige ruspe se bordspeletjie GRATIS af te laai.