Skip to main content Skip to footer

LOOM / LTSM

VISUELE TEKSTE, AKTIWITEITE EN ANDER HULPBRONNE

Vrae en Antwoorde vir die Klaskamer: Graad 4 tot 7

Saamgestel deur Marieta Nel, et al.

Voorgestelde grade: Graad 4 tot 7

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Klik hier om die gratis aktiwiteit "Trophy maak van ’n huis ’n tuiste" af te laai. 

Vrae en Antwoorde vir die Klaskamer: Graad 7 tot 9

Saamgestel deur Marieta Nel, et al.

Voorgestelde grade: Graad 7 tot 9

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Klik hier om 'n luisterbegrip oor Deon Meiring se liedjie, "Maya" af te laai. 

ALLES OOR GEDIGTE

Titel: Die ABC van gedigte

Gedigte deur Liezl Nel, saamgestel deur Roelien Viljoen

Ouderdom: 9+

Voorgestelde grade: Graad 4 tot 7

Gedigte moet lekker wees! Nie net vir die leerders nie, maar vir die onderwyserook. Kyk dus hoe kreatief jy met die gedigte kan raak – daar is nie ’n reg of verkeerd nie! Stel die leerders in die laer grade eers speel-speel bloot aan gedigte, met ’n geleidelike opwerk na blootstelling aan gedigte-terme en -teorie.

Klik hier om 'n aktiwiteit oor die gedig "Kos" af te laai.

VERRYKENDE MATERIAAL

Laerskool Klasgids Februarie 2026

Samesteller: Kathie Viljoen

Die Klasgids - Laerskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts. Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans-Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.

Klik hier om 'n gratis aansoekvorm en vraelys af te laai.

Laerskool Klasgids Februarie 2026

Samesteller: Kathie Viljoen

Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts. Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans-Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies.

Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole, IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan word en as verryking en ekstra oefening kan dien.

Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.

Klik hier om 'n gratis aansoekvorm en vraelys af te laai.

REDENAARS EN DEBAT

Dames en Here

Skrywer: Dr. Elbie Adendorff, Lisinda de Jager, Elize Steenkamp

Ouderdom: Geskik vir enigiemand wat voor 'n gehoor moet praat

Hiérdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir ALLES oor toesprake. “Dames en Here” is dié boek wat jou onder andere gaan help met die hoe en die wat van: redenaars (individueel en spanne), debatte (al die verskillende soorte), toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens., onderwerptontleding, die saamstel en skryf van ’n toespraak, die aanbied en lewering van ’n toespraak, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies en nog vele meer. Daar is wenke van streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika in sowel as wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël. ’n QR-kode gaan toegang gee tot wentoesprake.

Klik hier om die eerste bladsye van Dames en Here deur Dr. Elbie Adendorff, Lisinda de Jager, Elize Steenkamp te lees.

AKTIWITEITSBOEKE

Aktiwiteitsboek: Klein boek van-reeks

Saamgestel deur: Corné Marais, Marida Myburgh, Rolien Viljoen

Graad 4 tot 7 Huistaal en Eerste addisionele taal

Die klein boek van-reeks van Fanie Viljoen is ideaal vir gebruik in die klaskamer. Die tekste is kort, en dien enersyds as verryking van leerders se algemene kennis en andersyds as ’n verteerbare
teks vir ’n trae of onwillige leser. In dié aktiwiteitsboek is ’n verskeidenheid van tekste in die eerste 6 boekies in die reeks gekies. Met verskillende onderwerpe wat in die boekies voorkom, is die tekste ideaal as wegspringplek vir woordeskatontwikkeling, klasgesprekke, mondelinge en skryfaktiwiteite vir beide seuns en meisies.

Opsommingtyd:

Lees die inligtingsteks oor honde. Gebruik die inligting en stel dit op ’n breinkaart of spinnekopdiagram voor. Gebruik slegs prente en woorde op jou diagram. Moenie volsinne skryf nie. Jou diagram moet vyf afdelings hê. 

Honde speel al vir eeue lank ’n belangrike rol in die lewe van mense. Hieronder is ’n lys van die verskillende tipes honde wat daar is, insluitend hul eienskappe en funksies.

1. Jaghonde is geteel om te help met jag. Hierdie honde het gewoonlik ’n uitstekende reukvermoë en kan prooi reddingsoperasies opspoor, hetsy vir jag of vir reddingsoperasies. Voorbeelde van jaghonde sluit in Beagle, Foxhound, Bloodhound en Duitse jaghonde.

2. Herdershonde is geteel om vee te beweeg, te hanteer, te lei en te beskerm. Hierdie honde is slim en gehoorsaam. Voorbeelde van herdershonde sluit in Duitse Herder, Border Collie, en Australiese Veehond.

3. Terriërs is klein hondjies wat oorspronklik ontwikkel is om klein prooi soos rotte en muise te jag. Hierdie honde is baie energiek en avontuurlustig, en kan goed as waakhonde funksioneer. Voorbeelde van terriërs sluit in Skotse Terriër, Jack Russell Terriër en West Highland Terriër.

4. Windhonde is slanke en elegante honde wat oorspronklik ontwikkel is om wild te jag. Hulle is baie vinnig, kan maklik van rigting verander en het ’n baie goeie gesigsveld. Voorbeelde van windhonde sluit in Greyhound, Saluki en Italiaanse Windhond.

5. Geselskapshonde is geteel om mense te vergesel en as troeteldiere te dien. Hulle is gewoonlik klein en skattig, en kan goed in klein woonomgewings funksioneer. Voorbeelde van geselskapshonde sluit in Chihuahua, Maltese en Pomeranian.

Elke tipe hond het unieke eienskappe en funksies, en daar is ’n hond vir bykans enige situasie of leefstyl. As jy oorweeg om ’n hond aan te skaf, is dit belangrik om te weet watter tipe hond by jou en jou leefstyl sal pas.

Skryftyd:

Kies een van die opsies en skryf ’n resep daarvoor:
* Hondekoekies
* Hondesouthappie
* Hondepoeding

Het jy al die film “Hotel for Dogs” gekyk? In hierdie film neem ’n paar tieners ’n leë hotel en omskep dit in ’n hotel vir honde. Straatbrakkies kan dan daar tuisgaan en kry al die liefde wat hulle verdien. Verbeel jou dat jy die eienaar van só hotel is en stel ’n spyskaart vir die volgende funksies by jou honde-hotel op:
* Honde-ontbyt
* Formele hondedans
* Luilekker Saterdag hondebraai

Maak jou spyskaart mooi en stal almal s’n in die klas uit.

Werkboek: Op my planeet

Saamgestel deur: Corné Marais, Marida Myburgh, Rolien Viljoen

Graad 4 tot 7 Huistaal en Eerste addisionele taal

Hierdie is nie ’n hoe-om-te-doen-boek nie, maar eerder ’n wat-kan-ek-doen-boek. In plaas daarvan om reëls, teorie of formate te bespreek, fokus die werkboek eerder op kreatiewe aktiwiteite en die uitbreiding van woordeskat. Dit is dus steeds die onderwyser se verantwoordelikheid om van aspekte soos woordtal en teorie seker te maak.

Om oor ’n gedig te praat, bestaan uit meer as net gedigteteorie en inhoudsvrae en om leerders aan dié genre bloot te stel, kan speel-speel of gesels-gesels gedoen word!

* Geselstyd (Navorsingstyd, Idiometyd, ens.) en Skryftyd is daar om voorstelle te gee hoe om ’n gedig in te lei, hoe om van die temas of onderwerpe aan te raak, hoe om die klas gereed vir die gedig te maak en solank aan woordeskat binne die gedig se konteks te werk.
* Met Blitsbegrip word inhoudsvrae met gedigteteorievrae gemeng.
* In Taaltyd word gewys hoe om ’n gedig net so maklik vir taal- as inhoudsvrae te gebruik.
* Hier en daar is daar Opsommingstyd waar ’n gedig hom tot ’n opsomming verleen.
* Die werkboekformaat bied geleentheid aan leerders om die boek oor twee/drie jaar te gebruik.

Kom ons kyk na die gedig, "Woedebuie":

Gebruik enige weerkaart en kyk of julle die vrae kan beantwoord:

* Waar gaan dit vandag mooiweer wees?

* Gaan daar vandag reënbuie wees?

* Hoe laat gaan die son vandag in Kaapstad opkom?

* Hoe laat gaan die maan vandag in Kaapstad onder?

* Wat is die weersomstandighede by twee van Suid-Afrika se bekende kus- en vakansiedorpe in die Oos-Kaap?

* Jy is op pad na Gauteng (Johannesburg en Pretoria). Wat moet jy saamneem as jy so na die weerkaart kyk?

* Waar in die Vrystaat is dit vandag die koudste?

* Sal vlieëniers vandag versigtig moet wees as hulle hul vliegtuie in die Kaap en George moet land?

* Dink jy dit is ’n goeie idee om rondom 14:30 se kant langs die see te gaan skulpies optel en sandkastele bou? Waarom sê jy so?

* Het dit iewers in Suid-Afrika gesneeu?

Geselstyd:
Gebruik die volgende aanknopingspunte vir ’n informele klasgesprek om die gedig in te lei.
* Is jy soms buierig?
* Hoe lyk jóú gedrag dan?
* Wat maak jou kwaad?
* Wie is die buierigste in julle gesin?
* Watter raad het jy vir jou maats om van woede ontslae te raak?
* Waarmee sal jy jouself, ma/pa, boetie/sussie vergelyk as jy/hulle woedend is? Dink aan ’n goeie vergelyking of metafoor en skryf dit neer.

Skryftyd:
Iemand (of iets!) het jou baie kwaad gemaak en jy is in ’n baie slegte bui. Jy trek jouvdagboek aan die einde van die dag nader … Skryf nou ’n dagboekinskrywing van jou onstuimige dag. Gebruik ongeveer 80-100 woorde.

Onthou:
* Fokus op jou emosies.
* Verwys na die gebeure van daardie dag.
* Skryf in die eerstepersoon.
* Wees kreatief en gebruik jou verbeelding.

Klik hier om die vrae en antwoorde rondom hierdie gedig af te laai. 

Taalwerkboek Afrikaans Huistaal

Samesteller: Ezilda Fouché en Andrea Dednam

Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel. Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke. Antwoorde word op 'n QR-kode verskaf.

Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.

Klik hier om twee oefeninge oor taalverskynsels af te laai.

Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Samesteller: Joline de Klerk en Mia Singels

Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel. Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir alle taalhandboeke. Antwoorde word op 'n QR-kode verskaf.

Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.

Klik hier om twee oefeninge oor bywoorde af te laai.

Druk Speel

Skrywer: Leon van Nierop

Filmstudie vir die hoërskoolklaskamer

Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.

Hierdie boek dien as handleiding vir veral onderwysers oor hoe om leerders by te staan in hul ontleding van (voorgeskrewe) Afrikaanse films. Die doel is ook om aan leerders in verstaanbare terme en taal te verduidelik waarna ’n mens moet kyk wanneer jy ’n film ontleed, maar veral om raak te sien watter hulpmiddels en gereedskap die regisseur gebruik om jou te manipuleer of te vermaak of ’n stelling te maak, hoekom hy dit doen en wat hy met elke effek bereik. Die sluier word ook gelig oor wat agter die skerms gebeur, wat ’n bepalende invloed op ’n skoot of toneel kan hê.

Klik hier om die inhoudsopgawe van hierdie boek te bekyk.