Skip to main content Skip to footer

Leer my lees

Skole en leerders se behoeftes is divers en Tippie spreek hierdie behoeftes deur VLAKKE aan. Leerders beweeg progressief deur die vlakke soos hulle die uitkomstes bemeester. Die Leer my lees-reeks bestaan uit ses onderskeie vlakke. Elke vlak bestaan uit 10 boekies. 

Vlak R
Leer my lees met Tippie Vlak R is trots Suid-Afrikaanse ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun. Jong kinders word blootgestel aan hoë frekwensie sigwoorde met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies. Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture. Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds natuurlike ontwikkeling in gedagte hou.

Vlak 1
Die Leer my lees-reeks is uniek, kleurvol en prettig. Illustrasies ondersteun die teks. Elke boekie se klankfokus word in ’n ander kleur aangedui. Aktiwiteite agter in die boekie bevorder woordeskat en leesbegrip. Vlak 1 se stories fokus op vokale, drieletterwoorde en sigwoorde. Kort sinne is maklik om te lees en bou selfvertroue. Tippie help die ouer, terapeut en onderwyser om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Vlak 2
Illustrasies ondersteun die teks. Elke boekie se klankfokus word in ’n ander kleur aangedui. Aktiwiteite agter in die boekie bevorder woordeskat en leesbegrip. Vlak 2 se stories fokus op dubbel-, twee- en drieklanke asook sigwoorde. Kort sinne en vierletterwoorde is maklik om te lees en bou selfvertroue. Tippie help die ouer, terapeut en onderwyser om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Vlak 3
Vlak 3 se stories fokus op langer sinne en kort paragrawe. Tippie stel die kind bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat en is steeds maklik om te lees en bou selfvertroue. Tippie help die ouer, terapeut en onderwyser om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Vlak 4
Vlak 4 se stories fokus op langer sinne en langer paragrawe. Tippie stel die kind bekend aan nuwe kontekstuele woordeskat en is steeds maklik om te lees en bou selfvertroue. Tippie help die ouer, terapeut en onderwyser om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Vlak 5
Leer my lees met Tippie Vlak 5 is die perfekte oorbruggingsreeks om kinders te help om met selfvertroue en die ontwikkeling van 'n uitgebreide woordeskat, ‘n verskeidenheid van tekste met begrip te kan lees. Die Leer my lees-reeks bevat kort, prettige stories oor alledaagse avonture wat vermaak en waarmee die leser kan identifiseer, terwyl woordeskat, taal en begrip tegelyketyd ontwikkel. Elke boek bevat ‘n woordeskatlys, vrae wat begrip toets, om taalaktiwiteite en visuele geheue te stimuleer.

Grootboeke
Tippie se grootboeke is beskikbaar vir die Vlak R- tot Vlak 2-boekies. Hierdie grootboeke is onderwysersgidse met ekstra klaskamerhulpmiddels vir groeplees en aktiewe deelname.