Skip to main content Skip to footer

Een dag in Julie as voorgeskrewe boek

Een dag in Julie

Skrywer: Nerine Ahlers

Ouderdom: 13+

Voorgestelde grade: Graad 8 tot 9 HT en graad 9 tot 10 EAT

Meer oor die boek:

Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon. Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.

Wat sluit die leesgids in?

1. Inleiding
2. Die skrywer
3. Resensie
4. Die omslag
5. Die titel
Literêre elemente
Karakters
Tyd
Ruimte
Konflik
Intrige
Gesigspunt en verteller
Kritiese taalbewustheid
Temas
Motiewe
6. Kontekstuele vrae
7. Paragraafvrae
8. Langvrae
9. Klasgesprekke
10. Kreatiewe skryfwerk
11. Onderwerpe vir mondeling
12. Nasienriglyne

Klik hier om 'n gratis aktiwiteit oor kreatiewe skryf aan die hand van Een dag in Julie af te laai.