Skip to main content Skip to footer

Een dag in Julie Uittreksel

Een dag in Julie

Skrywer: Nerine Ahlers

Ouderdom: 13+

Aanbevole grade: Graad 8 en 9 Huistaal en Graad 10 EAT

Proloog:

Matt wonder nog wat om te doen, toe is dit reeds te laat. Die mense is om hom, agter hom, langs hom, voor hom.
En skielik ontaard dit net heeltemal, raak dit net daar langs die vuur ’n gemaal en geskree – ’n woedende geveg.
Hy steier agteruit toe iemand teen hom val.
Die persoon agter hom brul verontwaardig en stamp hom grond toe. Hy val tussen ’n klomp lywe deur, plat op sy rug. Voel iemand oor hom rol. Nog lywe. Nog woedende stemme.
Hy hoor woorde. Voel ’n skop in sy maag. ’n Hou teen sy kop. Voete. Voete. Probeer wegrol. Opstaan. Maar hy kan nie weer regop kom nie. Daar is te veel mense om hom en oor hom en op hom.
Hy probeer omrol, trek hom self teen die grond vorentoe, uit die kring van die geveg. Maar hy kan nie wegkom nie. Kreun toe daar nóg ’n volle gewig op hom land. Laat val net sy kop teen die stowwerige grond.
Hy kan nie meer nie.
’n Hand pluk aan sy jaskraag, sleep hom uit die gemaal. Oor die hobbelrige ongelyk grond. Weg van die vuur. Die koue donker in.
Hier gaan hy vanaand vermoor word.
En dis alles oor Kiana.
Oor haar.
Oor die koningin.

Klik hier om hoofstuk 1 van Een dag in Julie te lees.