Skip to main content Skip to footer

Die Verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit as voorgeskrewe boek

Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit

Skrywer: Nerine Ahlers

Ouderdom: 11+

Voorgestelde grade: Graad 6 tot 7 HT

Meer oor die boek:

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud.

Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....

Klik hier om die eerste twee hoofstukke uit Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit te lees.

Wat sluit die leesgids in:

1. Oor die skrywer 
2. Beste tienerboek in kompetisie 
3. Die voorblad 
4. Letterkundige terme
5. Aktuele onderwerpe 
6. Kontekstuele vrae 
7. Langer vrae 

Klik hier om 'n ontleding van die literêre begrippe uit die studiegids af te laai.