Skip to main content Skip to footer

Die Lewe se vuil houe as voorgeskrewe boek

Die Lewe se vuil houe

Skrywer: Fanie Viljoen

Ouderdom: 13+

Voorgestelde grade: Graad 8 en 9 Huistaal en Graad 10 Eerste addisionele taal

Hierdie bildungsroman was deel van die kortlys vir die LAPA-Jeugromankompetisie van 2021. 

Meer oor die verhaal:

“Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?”

Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel.Alles.Dewie moet daarmee saamleef.Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak.Sy mag net nie daarvan uitvind nie.Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk. Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.

Wat sluit die studiegids in:

Inligting oor die skrywer 

Verhaalelemente 
   Titel
   Genre
   Intrige
   Vertelperspektief en die fokalisator
   Karakters
   Ruimte
   Tyd
   Konflik
   Tema

Pre-lees-aktiwiteite 
   Wat is feng shui?
   Luisterbegrip
   Voorbladontwerp

Kontekstuele vrae 

Post-lees-aktiwiteite 
   Voorbladontwerp
   Navorsingsopdragte
   Opstelvrae
   Mondeling- en kreatiewe opstelonderwerpe

Antwoorde

Klik hier om 'n gratis aktiwiteit af te laai. 

Fanie Viljoen oorhandig "Die Lewe se vuil houe" aan Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Fanie Viljoen oorhandig "Die Lewe se vuil houe" aan Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.