Skip to main content Skip to footer

Die Alfa van Alfaville as voorgeskrewe boek

Die Alfa van Alfaville

Skrywer: Theresa van Baalen

Ouderdom: 11+

Voorgestelde grade: Graad 6 en 7 Huistaal en Graad 8 Eerste addisionele taal

Meer oor die verhaal:

Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ...

Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend en ’n Russies-Afrikaanse ingenieur – ’n storie so aksiebelaai soos die jongste Marvel-fliek!

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.

Wat sluit die studiegids in:

Inligting oor die skrywer 
Inligting oor die illustreerder 
Voorbladontleding
Letterkundige aspekte 
- Titel 
- Verhaallyn of die intrige 
- Verteller 
- Karakters 
- Konflik 
- Spanning 
- Ruimte 
- Tyd 
- Temas
- 10 Stylfigure en beeldspraak 
Gesprekspunte 
Kontekstuele vrae 
Antwoorde

Klik hier om 'n gratis aktiwiteit, gebaseer op die eerste hoofstuk wat ons verskaf het, af te laai.