Skip to main content Skip to footer

Die 17de Veer as voorgeskrewe boek

Die 17de Veer 

Skrywer: Nanette van Rooyen

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 9 tot 10 Huistaal en Graad 11 tot 12 Eerste addisionele taal

Meer oor die verhaal:

Lara werk in haar vrye tyd by 'n tatoeëersalon, en wonder soms oor die pa wat sy nooit gehad het nie. Alex het in 'n kinderhuis grootgeword en het 'n vreemde fassinasie met uile. Lara weet dit nog nie, maar haar en Alex se stories is op die punt om vir ewig verstrengel te word. En alles begin met 'n boks vol briewe wat sy in 'n hoededoos op haar ma se kas ontdek.

Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.

Wat sluit die studiegids in:

1. Die 17de Veer as ’n roman 
2. Prosa-elemente:
- Titel
- Vertellerinstansie
- Karakters
- Ruimte/milieu
- Tyd
- Konflik/botsing
- Intrige
- Temas 
- Motiewe 
3. Skud jou vere reg vir Die 17de Veer:
- Prelees-aktiwiteite
- Luisterbegrippe
- Woordeskat 
4. Kontekstuele vrae
5. Idiome
6. Moontlike opstelvrae
7. Transaksionele tekste
8. Onvoorbereide toespraakonderwerpe
9. Idees vir voorbereide mondeling en navorsingsopdragte 
10. Antwoorde 
11. Woordeskat

Klik hier om 'n gratis luisterbegrip af te laai.

Nanette van Rooyen besoek Hoërskool Brackenfell

Nanette van Rooyen besoek Hoërskool Brackenfell