Skip to main content Skip to footer

Baba-Tippie is hier

Die heel oulikste boeke op jou boekrak!

Ons Tippie-lesers raak al hoe jonger! Babas en kleuters is net so mal oor ons geliefde olifantjie, daarom het ons besluit om kartonboekies spesiaal vir klein vingertjies te skep.
 
Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier. Die reeks is in Afrikaans en Engels geskryf en spreek al die dinge aan wat vir babas en kleuters belangrik is – troeteldiere, kleure, teenoorgesteldes, syfers en klanke. Dis ‘n ideale manier om jou kleuter op 'n prettige én snaakse manier te leer.

Hoekom is kartonboeke belangrik vir vroeëkindontwikkeling?

🐘 Die meeste kartonboeke fokus op 'n spesifieke konsep soos kleure of vorms.

​🐘 Dit verduidelik sleutelkonsepte vir jong kinders, wat verder help om hul begrip van die wêreld te ontwikkel.

🐘 Kartonboeke laat babas en kleuters toe om letters, syfers, kleure, vorms en meer te herken, wat help om hierdie spesifieke vaardighede te ontwikkel.

Wie het die kartonboekies geskryf?
 

José Palmer en Reinette Lombard het jare se ondervinding in die onderrig van kinders, ook dié met leerprobleme. Hulle het met dr. Nandi Lessing-Venter saamgespan om die kartonboeke vir babas en kleuters te skryf. Nandi is 'n navorser in die veld van kinderliteratuur, met 'n besondere belangstelling in die rol van die gebruik van humor om onwillige lesers te motiveer. Die Tippie Eerste boek van-reeks is 'n praktiese toepassing van haar navorsing, wat daarop gemik is om fundamentele konsepte op 'n prettige en boeiende manier deur die gebruik van humor te onderrig.

Klik hier om meer te lees oor die verskillende kartonboekies wat beskikbaar is.