Skip to main content Skip to footer

Tippie se eerste boek oor ...

Tippie se eerste boekies vir babas en kleuters is hier!

Hierdie reeks is vol kleurryke illustrasies, snaakse karakters en stories wat beide kleuters en ouers sal laat giggel van plesier. Die reeks is in Afrikaans en Engels geskryf en spreek al die dinge aan wat vir babas en kleuters belangrik is – troeteldiere, kleure, teenoorgesteldes, syfers en klanke. Dis ‘n ideale manier om jou kleuter op 'n prettige én snaakse manier te leer.

Wat gaan Tippie vir jou kleinding leer?

Tippie se eerste boek oor kleure handel nie nét oor kleure nie, maar ook oor emosies! Elke bladsy is vol helder kleure en basiese emosies, bekend aan kleuters. Kleintjies sal leer om kleure soos rooi, groen, geel, blou en meer, en sal ook emosies beter kan verstaan en identifiseer.

In Tippie se eerste boek oor teenoorgesteldes is Tippie en Robin vol grappies en doen presies die teenoorgestelde van wat hulle veronderstel is om te doen. Stel jou kleuter bekend aan die basiese konsep van teenoorgesteldes terwyl hulle vermaak word deur Tippie en Robin se pret en plesier.

In Tippie se eerste boek oor syfers hou Tippie en vier van sy maats ʼn pajama-partytjie. Laat jou kleinding lag en leer terwyl hulle die wêreld van die syfers 1-5 verken.

In Tippie se eerste boek oor klanke gaan jou kleuter leer oor verskillende tipes geluide en beslis lekker lag. Oupa wen die prys vir die hardste nies, terwyl Robin giggel omdat Tippie sy onderbroek op sy kop dra. Kan jy raai watter geluid Tippie maak wanneer hy sy sap te vinnig drink? Wie het gedink dat geluide soveel pret kan wees?