Zoem 1 & 2 as voorgeskrewe boeke
Zoem! 1 & 2
Skrywer: Theresa van Baalen
Ouderdom: 9+
Voorgestelde grade: Graad 4-5 HT en graad 6-7 EAT
Meer oor die boeke:
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise. Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het ’n spesiale knoppie wat jou na ’n ander plek laat ZOEM! In die eerste storie beland Alex, Christiaan en Tjomper op ’n eiland saam met ’n seerower. En die seerower wil nie sy eiland deel nie! In die tweede storie word Alex, Christiaan en Tjomper teruggeneem na ’n tyd waar daar DINOSOURUSSE is! En arme Tjomper beland in een van die dinosourusse se neste ...
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Wat sluit die studiegids in:
1. Die skrywer
2. Die voorblaaie
3. Letterkundige aspekte
3.1 Titel
3.2 Verhaallyn of intrige
3.3 Verteller
3.4 Karakters
3.5 Konflik
3.6 Spanning
3.7 Ruimte (omgewing/milieu)
3.8 Tyd
3.9 Temas
3.10 Kritiese taalbewustheid
3.11 Beeldspraak en stylfigure
4. Zoem! – Avontuur op ’n eiland
4.1 Kontekstuele vrae
4.2 Praataktiwiteite
4.3 Skryfaktiwiteite
5. Zoem! – ’n Oerwoud vol dinosourusse
5.1 Kontekstuele vrae
5.2 Praataktiwiteite
5.3 Skryfaktiwiteite
6. Antwoorde
Klik hier om die kontekstuele vrae oor die hoofstuk wat ons verskaf het af te laai.