Skip to main content Skip to footer

Wolk-trilogie Lokprente

Titel: Wolk-trilogie

Skrywer: Hannes Barnard

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 9 tot 10 Huistaal en Graad 11 Eerste addisionele taal

Die eerste boek in die reeks, Wolk, verskyn in 2020. Meer as 1 500 kopieë is reeds verkoop. Roet verskyn in 2021 en het tot dusver meer as 900 kopieë verkoop. Albei boeke is vir die gesogte kykNET-Rapport-prys in die filmkategorie (boek wat verfilmbaar is) genomineer. En nou is Vuur die finale boek in hierdie trilogie uiteindelik hier!

Wolk

Rufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af.

Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste vriende is ʼn understatement. 

Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat.

Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste – die belangrikste eerste – saam te hê.

Dis net hulle en ʼn ou Midge wat iewers in die Vrystaat in ʼn grot vir ʼn paar dae gaan bly.

Sal hulle die plan kan deurvoer?

Wat van die swart-en-oranje wolk wat op die horison verskyn?

 

Roet

Rufus en Xandr #disingewikkeld.
Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk.
’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond.
’n Alternatiewe roete.
’n Sexy Duitser.
’n Geniale wetenskaplike.
’n 90’s mix tape.
En chaos. Baie chaos.

 

Vuur

Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge.

Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle?
En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef


Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.