Skip to main content Skip to footer

Wian en die viking-swaard Uittreksel

Wian en die Viking-swaard

Skrywer: Nerine Ahlers

Ouderdom: 11+

Voorgestelde grade: Graad 5 tot 6 Huistaal en Graad 7 Eerste Addisionele Taal

Wian is dikmond dat hy saamgesleep word na Parys, Frankryk terwyl sy pa daar moet werk. Gelukkig kom sy pelle saam. Wian is darem opgewonde oor een ding.

Hy kan uiteindelik na die Viking-museum toe gaan. Hy is MAL oor die Vikings!

Maar watter vreemde ding gebeur dat hy skielik die Vikings ONTMOET?!

Hoe moet hy terugkom in Parys in die huidige tyd? Hoe maak hy seker hy beland nie onder die swaard van ’n Viking nie?

Lees saam aan hierdie wegholrit van ’n avontuur!

Klik hier om die eerste hoofstuk van Wian en die Viking-swaard deur Nerine Ahlers te lees.