Skip to main content Skip to footer

Voorbladontleding: Vrae en antwoorde

Voorbladontleding

Titel: Dit het alles begin by 'n hond

Skrywer: Annelie Ferreira

Voorgestelde graad: Graad 8- en 9-huistaal en graad  9- tot 10-eerste addisionele taal

Die voorblad van ’n boek is nie net ’n goeie oefening in visuele geletterdheid nie, maar dien ook as sleutel wat die verhaal ontsluit. Soms is daar ook visuele aspekte op ’n agterblad/flapteks wat verder help met die ontsluiting van die verhaal.

Bestudeer en bespreek die omslag van Dit het alles begin by ’n hond.

Die volgende kolpunte kan help met die ontleding:
• Wat sien jy?
• Is daar mense/diere?
• Wat doen hulle? Waar is hulle?
• Kan jy enige afleidings oor hul liggaamstaal maak?
• Is daar enige kontras in kleur/uitbeelding?
• Let op die perspektief: groter versus kleiner.
• Let op die plasing/uitleg van elemente.
• Let op lettertipes en -groottes.
• Is daar ’n verband met die teks op die agterblad en die visuele elemente?

Dis belangrik om te weet dat hierdie tipe vrae gepaardgaan met: “Motiveer met leidrade uit die teks.”

Klik hier om die vrae en antwoorde oor hierdie voorblad af te laai.

Die studiegids sal in Augustus 2023 beskikbaar wees.