Vasbyt Vyf (2): Die renosterhelde Uittreksel
Vasbyt Vyf (2): Die renosterhelde
Skrywer: Eleanor Lombard
Ouderdom: 11+
Voorgestelde grade: Graad 5 tot 6 Huistaal en graad 7 EAT
Die Vasbyt Vyf is almal op Handré se oom se wildsplaas vir ’n ontspannende vakansie na hulle ontvoering en ontsnapping. Altans, dis veronderstel om een te wees – tot hulle pens en pootjies in nog ’n avontuur beland. Nadat hulle op ’n velduitstappie verdwaal en op ’n pas gestroopte renoster met ’n babakalfie afkom, besluit hulle om die renosterstropers te probeer keer. Hulle het vinnig ’n verdagte en leidrade, maar die grootmense wil hulle nie glo nie: hulle dink die kinders jaag spoke op na hul eie traumatiese ervaring. Dit hang van die Vasbyt Vyf af om weereens hulle eie helde te wees en die renosters te red.
Klik hier om die eerste hoofstuk van Vasbyt Vyf (2): Die renosterhelde deur Eleanor Lombard te lees.