Skip to main content Skip to footer

Tippie skryf en uitvee-reeks

Tippie is nou beskikbaar op skryf en uitvee-boeke!

Hierdie reeks is ontwikkel in samewerking met ’n arbeidsterapeut om verskeie vroeë fynmotoriese en visio-motoriese integrasievaardighede in te sluit. Die reeks bestaan uit vyf titels wat progressief op mekaar volg vir die aanleer van skryf- en visueel perseptuele vaardighede in.

Die Tippie skryf en uitvee-reeks sluit verskeidenheid versteekte kurrikulum-uitkomstes in, met visuele struktuur vir duidelike begin en einde. Gestruktureerde werkswyse met fokus op links na regs en bo na onder word ook van die begin af aangeleer.

Tippie maak dit maklik om skryf op ouderdomsgepaste en kindgerigte wyse aan te leer.

Wat maak hierdie boekies anders?

  • Die progressiewe aard van die reeks verseker doelgerigte ontwikkeling en bou stewige fondament vir verdere skryfontwikkeling.
  • Die reeks maak gebruik van gestruktureerde werkswyse wat kinders help om duidelike rigting te volg terwyl hulle skryf.
  • Die fokus op links na regs en bo na onder bevorder die ontwikkeling van vloeiende skryfpatrone en stel kinders in staat om doelgerigte bewegings te maak.

Die volgende boekies vorm deel van die reeks:

Tippie skryf en uitvee, boek 1: Skrifpatrone
Tippie skryf en uitvee, boek 2: Visuele persepsie 
Tippie skryf en uitvee, boek 3: Getalle en syfers 
Tippie skryf en uitvee, boek 4: Klankvorming 
Tippie skryf en uitvee, boek 5: Woordspeletjies

This series is also available in English.