Skip to main content Skip to footer

Tippie doen Wiskunde Vlak 2

Tippie doen Wiskunde Vlak 2: Boek 8

Skrywers: Reinette Lombard, José Palmer en Ashleigh Hala

Aanbevole graad: Graad 2

Op ’n Donderdag spandeer Tippie en sy maats tyd in die biblioteek. Elkeen mag ’n boek kies en dit huis toe neem. Juffrou Hala gebruik vandag boeke om Tippie en sy maats wiskunde te leer. Deel in die pret saam met Tippie en sy maats.

Praktiese toepassing van wiskundige konsepte binne die tema:

Kies 10 boeke by die huis/skool.

1. Dik en dun: Watter boeke is dik? Watter boeke is dun?

2. Groot en klein: Watter boeke is groot? Watter boeke is klein?

3. Grootste na kleinste: Rangskik die boeke van die grootste na die kleinste.

4.Meeste of minste: Watter boek het die meeste bladsye? Watter boek het die
minste bladsye?

5. Gelyke kante: Kies een boek. Maak die boek in die middel oop. Het die regterkant en die linkerkant dieselfde hoeveelheid bladsye?

6. Kleur: Watter kleure sien jy op die boeke?

7. Tel: Hoeveel boeke het meer as 90 bladsye?

8. Verdeel: Deel die boeke in 2 groepe. Hoeveel boeke is in ’n groep? Stapel die twee groepe boeke opmekaar. Is hulle dieselfde hoogte? Verduidelik jou antwoord.

9. Tel: Kies ’n bladsy in ’n boek. Tel hoeveel woorde is daar in die eerste reël. Tel hoeveel reëls is daar op die bladsy.

10. Lig en swaar: Stapel 6 boeke. Stapel 4 boeke. Vergelyk die 2 stapels. Watter
stapel is swaarder? Watter stapel is ligter? Verduidelik jou antwoord.

Klik hier om 'n gratis Tippie-wikkelblokkie af te laai!