Tippie — die leesreeks op almal se lippe

Agtergrond
If you want an intelligent child, let them read. If you want a really intelligent child, make them read more.
Só het Albert Einstein gesê toe 'n ouer hom gevra het hoe om 'n slim kind groot te maak. Maar Suid-Afrika sit met 'n probleem ...
Ons land het in die mees onlangse PIRLS-toets (Progress in International Reading Literacy Study) van al die deelnemende lande die swakste gevaar. Die resultate het gewys dat baie leerders teen Graad 4 steeds nie basiese leesbegrip bemeester het nie.
📢 'n Noodsein is uitgestuur en alarms het afgegaan! Hoe kan ons hierdie probleem oplos?
Die Departement van Basiese Onderwys het 'n hele taakspan aangestel om na maniere te kyk om ons leerders uit hierdie penarie te red. Suid-Afrika het enkele leesreekse wat hiermee kan help.
💡 Ons glo Tippie is een van die leesreekse wat leerders se koers kan verander en elke kind die kans kan gee om ’n selfversekerde, vaardige leser te word.
Tippie en die Departement van Basiese Onderwys
If a child can’t learn the way we teach, maybe we should teach the way they learn.
Tippie dink anders oor hoe ons kinders leer, maar wat beteken dit vir ons kurrikulumuitkomstes?
💡 Onthou: Kurrikulum is nie hoe kinders moet leer nie, maar wat kinders moet leer.
Ons uitkomste, saam met die Departement van Onderwys, is dat kinders ’n wye verskeidenheid tekste aan die einde van graad 3 met selfvertroue en begrip kan lees.
Hoe help Tippie kinders lees?
'n Goeie leesreeks boots die brein na, maar wat bedoel ons daarmee? Tippie volg dieselfde volgorde en metodes wat leerders se breine natuurlik gebruik om lees te bemeester.
Dit begin met klanke > verbind daardie klanke dan met letters > bou patrone deur herhaling > en beweeg geleidelik na volle begrip.
Met ander woorde, Tippie werk saam met die brein se bedrading, daarom is lees maklik!
Hoe lyk Tippie in my 2026-klaskamer?
Tippie se Huistaal- én Eersteaddisioneletaal-pakket bestaan uit omvattende en praktiese hulpmiddels om leer en lees effektief in die klaskamer te kan toepas. Die leermateriaal is spesifiek vir die DBO saamgestel en die onderwysgids dien as ’n riglyn vir die gebruik van die spesifieke leermateriaal. Die hele pakket is ontwerp met die KABV en die OAP as riglyn.
Klik hier om jou Huistaal-kroekkaart af te laai.
Klik hier om jou Eersteaddisioneletaal-kroekkaart af te laai.
Wat sluit die volledige Onderwyspakkette in?
Afgesien van die gegragradeerde- en kernleesboeke, bestaan hierdie pakkette ook uit hulpbronne en gidse wat jy in die klaskamer kan gebruik. Elke pakket bevat:
• 1 x Onderwysersgids
• 1 x Storiebundel: As varke kon vlieg
• 8 x Graadspesifieke Grootboeke
• 160 x Flitskaarte
• 8 x Muurkaarte
• 2 x Handskrifkaarte
• 40 x Klankkaarte
Hierdie pakkette sal in November beskikbaar wees. Jy kan dit wel vooraf 20% afslag bestel.

Bestellings
Ons het tans twee bestelvorms waar onderwysers hul voorraad vir 2026 kan aankoop.
Help! Ek het vrae ...
Onderwysers het dikwels dieselfde vrae, en daarom het ons ’n handige inligtingsblad saamgestel met feite, vrae en antwoorde. Laai dit sommer nou af!
Indien jy nog enige ander vrae het, stuur gerus ’n e-pos aan info@klaskameraad.co.za.
Of kontak ons skolespan:
Jaconette van Dyk: jvandyk@penguinrandomhouse.co.za
Renette Symington: rsymington@penguinrandomhouse.co.za
Karen Janse van Rensburg: Kjansevanrensburg@penguinrandomhouse.co.za
Sakhiwo Mbatha: smbatha@penguinrandomhouse.co.za
Helene de Kock: hdekock@penguinrandomhouse.co.za