Skip to main content Skip to footer

Tippie Aktiwiteitstelle

Die Leer my lees-reeks is nie net pret om te lees nie, dit bevorder ook woordeskat en leesbegrip. Tippie hou so baie van SPEEL, LEER en ONTDEK dat daar vier aktiwiteitstelle ontwikkel is wat saam met die Leer my lees-boeke gebruik kan word.

Hierdie aktiwiteitstelle bied uitstekende opvoedkundige waarde omdat dit ideaal is om kurrikulumuitkomstes te bereik.

Vlak 1
Tippie Aktiwiteitstel
:
26 alfabetmuurkaarte (A5) en ’n alfabetspeletjie (78 kaarte), en ʼn aktiwiteits- en plakkerboek om kreatiwiteit en fyn motoriese vaardighede te oefen en verbeelding aan te wakker. Daar is ’n verskeidenheid prettige en kleurvolle aktiwiteite wat die ontwikkeling van aktiewe deelname en konsentrasie sal ondersteun. Die aktiwiteits- en plakkerboek bevat 40 bladsye aktiwiteite en 4 bladsye plakkers.

Tippie LML Aktiwiteitstel 2: 70 alfabetflitskaarte en ’n persoonlike prentjie-woordeboek

Tippie LML Aktiwiteitstel 3: 10 dubbelkant skryf-en-afvee-aktiwiteite en 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk

Tippie LML Aktiwiteitstel 4: ʼn Magneetstel met 27 prentmagnete en 40 sigwoordteksmagnete uit die eerste tien boeke in die Leer my lees Vlak 1-reeks, en 20 speelkleimatte vir letter- en woordvorming

Vlak 2
Tippie LML Aktiwiteitstel 1
:
ʼn Persoonlike prentjiewoordeboek, 110 dubbelkant flitskaarte met Vlak 2-woorde, dubbel- en drieklanke, en prentjies

Tippie LML Aktiwiteitstel 2: Twee draaispeletjies met 40 wisselende draaiwiele met woorde, sinne en prentjies

Tippie LML Aktiwiteitstel 3: 12 aktiwiteitsvelle vir letter- en woordvorming, en 50 kaarte vir storiebegrip en kreatiewe skryfwerk

Tippie LML Aktiwiteitstel 4: Agt woordbouvelle, ses dubbelkant bingovelle, 80 letterkaartjies om te gebruik saam met die woorbouvelle, 78 prentkaartjies om saam met die bingo- en woordbouvelle te gebruik