Ouma Mollie gaan terug skool toe as voorgeskrewe boek
Ouma Mollie gaan terug skool toe
Skrywer: Fanie Viljoen
Ouderdom: 9+
Voorgestelde grade: Graad 5 tot 6 HT en graad 7 EAT
Meer oor die boek:
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem - die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie onthou een middag sy het al baie goed vergeet. Daarom is dit tyd om terug skool toe te gaan - saam met klein Nina en Blapsie, haar hond.
Op ouma Mollie se eerste skooldag, pluk sy haar snaakse ou skoolrok en 'n paar silwer tekkies aan. Tydens die les, leer sy die juffrou ook 'n paar nuwe dinge. Een daarvan: Tekkies gee mens knoptone, daarom moet jy hulle in die klas uittrek - selfs as stink jou voete VREESLIK!
Toe ouma Mollie (per ongeluk) die graadeentjies se nuwe juffrou word, is daar GROOT moeilikheid. Maar nie so groot soos toe sy ... Nee, wag, lees maar self wat ouma Mollie nog aanvang.
Klik hier om die eerste hoofstuk uit Ouma Mollie gaan terug skool toe te lees.
Wat sluit die leesgids in:
Oor die skrywer
Oor die illustreerder
Visuele geletterdheid
Kritiese taalbewustheid
Letterkundige aspekte:
Titel
Verhaallyn
Verteller
Karakters
Karakterisering
Temas
Tyd
Ruimte
Beeldspraak
Klanknabootsing
Vrae
Klik hier om 'n ontleding van kritiese taalbewustheid in Ouma Mollie gaan terug skool toe af te laai.