Skip to main content Skip to footer

Ons laaste legendariese somer Uittreksel

Ons laaste legendariese somer

Skrywer: Fanie Viljoen

Ouderdom: 13+

“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie?”
Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak.

Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek – en maak ’n paar reëls vir die vakansie:

• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie.

Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ...
’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen – dit alles maak ’n legendariese somer.

Klik hier om die eerste bladsye van Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen te lees.