Skip to main content Skip to footer

Ons laaste legendariese somer as voorgeskrewe boek

Ons laaste legendariese somer

Skrywer: Fanie Viljoen

Ouderdom: 13+

Voorgestelde grade: Graad 7 HT en Graad 8 en 9 EAT

Meer oor hierdie boek:

"Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somer-skoolvakansie?”
Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak.

Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek – en maak ’n paar reëls vir die:

• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie.

Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ...
’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen – dit alles maak ’n legendariese somer.

Klik hier om die eerste bladsye van Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen te lees.

Wat sluit die studiegids in?

Inhoud:
1. Inleiding
- Die skrywer
- Resensie

2. Voorblad

3. Jeuglektuur

4. Narratiewe elemente

5. Geskiedenis van Vleesbaai

6. Temas

7. Epigraaf

8. Die funksie van humor

9. Hoofstukopsomming en kontekstuele vrae

10. Karakterontwikkeling en literêre opstel

11. Paragraafvrae

12. Transaksionele tekste

13. Nasienriglyne

Klik hier om 'n gratis aktiwiteit oor die voorblad af te laai.