Skip to main content Skip to footer

Om 'n leeu se bek toe te bid Uittreksel

DIE BURGER
_________________________
NERO DIE SIRKUSLEEU KRY
AFTREETUISTE IN KAROO
-----------------------------------
Rencia Raubenheimer

Die herrie is weer los in diereregtegroepe oor McFarlane Sirkus se leeus. Die sirkusbestuur het vroeër op sosiale media aangekondig dat hy na ’n aftreetuiste vir Nero, hul oudste leeu, op soek is. Die aftrede van Nero se afrigter, Casper the one-legged Clown, het die bestuur laat besluit om Nero ook op pensioen te plaas. Nero was veral onder tieners gewild, aangesien hulle toegelaat is om hom vir fotosessies te omhels. Hoewel ’n paar erkende toevlugsoorde vir leeus en selfs Casper aansoek gedoen het om Nero in te neem, is hy toegewys aan Wannas Wannenburg, ’n boer wat twee plase in die Somerset-Oos omgewing besit.

Klik hier om verder te lees aan Om 'n leeu se bek toe te bid deur Jan Vermeulen.