Skip to main content Skip to footer

Novelle, hoe gemaak?

Die Onderwysdepartement het die jaarplan van die gr. 4-7-groep aangepas om die behandeling van novelles in te sluit.

Die novelle klink dalk onbekend, want dit is nie 'n storievorm wat sommer in die letterkunde voorkom nie. Selfs by volwassefiksie word hierdie tipe boek min uitgegee. Een voorbeeld in onlangse jare is Chase Rhys se Kinnes. By jongvolwassenefiksie, veral in die fantasiegenre is dit bietjie meer bekend. Dikwels het lang reekse novelles tussenin om vir lesers wat nie kan wag nie, 'n korter storie oor gunstelingkarakters te vertel.

Kortom: 'n novelle is langer as ‘n kortverhaal, maar korter as ‘n roman.

Tipiese kenmerke van 'n novelle:

  • Die woordaantal is minder as 'n boek wat tipies vir dieselfde teikengroep bedoel is. Byvoorbeeld, 'n boek vir 13-jariges is tipies tussen 100 en 160 bladsye lank. Novelles kan tussen 60 en 80 bladsye lank wees.
  • Die novelle bevat dikwels 'n paar hoofstukke. 'n Kortverhaal het nie noodwendig hoofstukke nie.
  • Die plot is minder kompleks as 'n gewone roman. Daar is dikwels net een klimaks (hoogtepunt) in die storie. 'n Tipiese liefdesroman sal fokus op die hoofkarakter se ontwikkeling (iemand wat nie in die liefde glo nie as gevolg van iets wat met hulle gebeur het, glo nou wel in die liefde) sowel as die liefdesverhouding wat blom.

Die novelle gee wel kans vir meer ontwikkeling in die plot as by 'n kortverhaal. Die skrywer kan bietjie meer fokus op die karakter se innerlike wêreld as in 'n kortverhaal.

  • In die novelle kan daar meer karakters voorkom as in 'n kortverhaal.
  • Dit is 'n volwaardige letterkundige vorm en moet nie onderskat word nie. Hoe minder woorde, hoe meer uitdagend om 'n goeie storie te skryf.

Vir die graad 4's:

Huistaalklaskamer:

Eersteaddisioneletaalklaskamer:

Vir die graad 5's:

Huistaalklaskamer:

Eersteaddisioneletaalklaskamer:

Vir die graad 6'e:

Huistaalklaskamer:

Eersteaddisioneletaalklaskamer:

Daar is ook 'n paar novelles in ons bundels wat regdeur van graad 4 tot 7 gebruik kan word:

Huistaalklaskamer:

Eersteaddisioneletaalklaskamer: