Skip to main content Skip to footer

'n September vol pryse

Ons vier pryse en besonderse benoemings!

September is 'n belangrike maand vir die boekwêreld, want dit is die tyd van die jaar wanneer 'n hele reeks literêre pryse aangekondig word. Hierdie pryse bekroon die beste skryfwerk in verskeie kategorieë, en hulle erken die talent van skrywers van regoor die wêreld. Hier is 'n blik op 'n paar van die boeke wat in September pryse gewen het:

1. Paris Book Festival

Ons is ongelooflik trots op skrywer Vennessa Scholtz en illustreerder Marjorie van Heerden! Kita's Dance with Dust het 'n lofwaardige benoeming by die Parys Boekfees ontvang het. Die boek is erken onder van die beste van internasionale publikasies.

2. ATKV-Woordveertjies

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.

Die beoordelaars is jong lesers self – iets wat hierdie toekennings van ander onderskei.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk.

LAPA spog met die volgende wenners:

Voorleeskategorie: Graad RR tot 1

  • Skrywer: Zuléka Smit (LUCA) – Ben gaan skool toe
  • Illustreerder: Johann Strauss (LUCA) – Ben gaan skool toe

Selfleeskategorie: Graad 8 tot 10

  • Skrywer: An-Mari do Carmo (LUCA) – Toe als groen was