Skip to main content Skip to footer

'n Nuwe seisoen bring nuwe boeke

Heerlike lente-boeke 

September is hier, en dit bring nie net 'n nuwe jaargety nie, maar ook opwindende nuwe boeke wat by ons uitgegee word. Ons bring 'n ryk verskeidenheid nuwe vrystellings uit wat jou leeslys dadelik sal laat groei – van romantiese fiksie tot hope hulpbronne vir ons onderwysers. Hier is 'n oorsig van nuwe boeke wat hierdie maand ons rakke tref:

Woud van sneeu en ys:

Skrywer: Frenette van Wyk

Ouderdom: 17+

Frenette van Wyk is ’n romantikus en idealis, en skryf liefdesverhale met gelukkige eindes, daarom skryf sy ook romantiese fantasie. 

Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.

Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom.

Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar.

Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Hierdie is ’n uitstekende toevoeging tot die Afrikaanse jongvolwassene-genre, en lesers wat van fantasieboeke hou, sal dol wees hierop!

Keegan and Samier 1 & 2

Author: André Trantraal

Ages: 5+

The first two books in this award-winning beginner’s reading series are now also available in English!

#1: The Key Clue
On Friday afternoon, Samier and Samia are visiting Keegan until their father has finished praying at the mosque. On their way to Keegan’s house, Jenni-Lee picks up a bunch of keys. Keegan’s grandmother decides to show them how fingerprints work, and they do some sleuthing together … Will they be able to identify who lost their keys?

#2: Foul Play
Keegan, Samier and Samia go play soccer in the park. They find Ghielie and his cousins there. Together they play a game of soccer. Samia is an excellent soccer player! But then Brent Petersen arrives – and he doesn’t want to play with a girl! Will Keegan, Samier and Samia still be able to enjoy their game or will Brent spoil the whole day?

This is an exciting OwnVoices series for children who have just started reading.

Werkboek: Op my planeet

Saamgestel deur: Corné Marais, Marida Myburgh, Rolien Viljoen

Graad 4 tot 7 Huistaal en Eerste addisionele taal

Hierdie boek is ideaal vir die klaskamer omdat dit op ’n eenvoudige manier wys wat ’n onderwysers alles met rympies, as teks, in die klas kan doen. Met die aktiwiteite soos begrips- en taalvrae word leerders op ’n eenvoudige wyse aan die konsep van “digvorm” bekendgestel en dien dit ook as grondslag vir toekomstige literêre begrippe. Die werkboek kan vir Afrikaans Huistaal- en Eersteaddisioneletaal-sprekers gebruik word.

Die werkboek gebaseer op rympies van Jaco Jacobs se Op my planeet-bundel. Rympies word gebruik as teks vir begripsvrae, tematiese gesprekspunte en prettige mondeling- en skryfaktiwiteite. Daar is spasie vir leerders om antwoorde in te skryf wat dit ideaal maak as 'n alles-in-een-werkboek.

Jaco Jacobs se Op my planeet-rympieboek is ook ideaal om vir Eisteddfod te gebruik.

Klik hier om 'n gratis gediggie af te laai.

Vrae en Antwoorde vir die klaskamer

Skrywers: Saamgestel deur Marieta Nel

Graad 10 tot 12

Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.

Die boek bestaan uit 192 bladsye en bied uitstekende waarde vir geld. Dit is geskik vir huistaal en eerste addisionele taal, hoofsaaklik vir graad 10 tot graad 12, en volg die KABV-assesseringsriglyne.

Die samestellers vir die boek is onderwysers wat kenners op hul vakgebied is. Die skrywers het almal jare se ervaring as Afrikaansonderwysers en is kenners op die gebied van addisionele materiaal opstel vir klaskamergebruik.

Op die 15de September skop ons kompetisie vir onderwysers af waar hulle al drie boeke uit die Vrae en Antwoorde-reeks kan wen. Gaan loer gerus op ons Facebook- of Instagram-blad vir meer inligting. 

Aktiwiteitsboek: Klein boek van-reeks

Saamgestel deur: Corné Marais, Marida Myburgh, Rolien Viljoen

Graad 4 tot 7 Huistaal en Eerste addisionele taal

’n Heerlike doen-saam-aktiwiteitsboek vir die klaskamer. Gebaseer op die eerste ses boekies van Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen. Tekste uit elk van die ses boekies word gebruik met begripsvrae, tematiese gesprekspunte, lekker pret mondeling- en skryfaktiwiteite.

Hierdie boek is ideaal vir klaskamer en help met die hoe en die wat van aanbieding van en gebruik van niefiksietekste. Die wye verskeidenheid aktiwiteite sal niemand verveeld laat nie. Die aktiwiteitsboek kan saam met Boekpak 1 van Die klein boek van-reeks gebruik word. Die aktiwiteitsboek kan vir Afrikaans Huistaal en Eersteaddisioneletaalsprekers gebruik word.