Skip to main content Skip to footer

’n Jaar in my lewe Uittreksel

’n Jaar in my lewe

Skrywer: Louis Pretorius

Ouderdom: 15+

1996.
Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwêreldbeker.
Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet.

Liam is ’n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan ’n lelike Brad Pitt. Wat nog steeds mooi is.
Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare. En hy is irriterend slim.

’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ‘n oomblik in die fliek.’n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel.

’n Vonk.

Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is. Hy hoort nie in hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam. Liam droom van meisies en seuns. Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin.

Die vraag is, mag hy?
In hierdie dorp?
In hierdie tyd?
Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?

Klik hier om die eerste hoofstuk van ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius te lees.