Skip to main content Skip to footer

Mixtape van die liefde vir die klaskamer

Mixtape van die liefde

Saamgestel deur: Antjie Krog

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 10 tot 12

Meer oor die digbundel:

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde:

Verliefdheid (’n rimpelvel hardloop),
Wat is die liefde? (my hart het in jou verdwaal),
Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),
Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),
Liefde en woede (ek haat en ek het lief) en
Liefde wat verder reik (o’s celebrate).

Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel: Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.

Vertalings stel lesers nie net bekend aan plaaslike talent in isiZulu-, Setswana-, Xam- en San nie, maar bied ook ’n blik op wêreldliteratuur met gedigte van die Fransman Michel Houellebecq, die Kubaan Nicolás Guillén en Lucebert (wie se gedig in Nederlands verskyn).

Klik hier om die inhoudsopgawe te bekyk.

Nes tieners soms blitsvinnig ’n liedjie afskiet wat nie oortuigend verband hou met hul leefwêreld nie, kan die verkeerde gedigte in die klaskamer vinnig tieners se vooroordele versterk: Dis glo outyds of vervelig en bied nie ’n aanknopingspunt wat tieners kan boei nie.

Klik hier om Karin Tomlinson, Afrikaansonderwyser by Hoërskool DF Malan se volledige resensie op LitNet te lees.