Skip to main content Skip to footer

Luna Skitterster: Watter maat is jy?

Titel: Luna Skitterster word gered

Skrywer: Peti Troskie

Ouderdom: 9+

Voorgestelde grade: Graad 4 Huistaal en Graad 5 en 6 Eerste addisionele taal

Watter maat is jy?
Vul die vrae in en vind uit of jy meer soos Nea, Keisha of Luna is.

Wanneer jy by ’n nuwe plek opdaag …
A - Is jy skaam en kyk jy eers rond
B - Kan jy nie wag om jou wawiele daar uit te probeer nie
C - Is jy so nuuskierig dat jy net moet gaan kyk

Wanneer jy verdwaal …
A - Maak jy ’n plan en soek na leidrade wat jou
sal wys waar die pad kan wees
B - Doen jy ’n wawiel en hoop jy land in die rigting waarheen jy moet gaan
C - Begin jy huil

Wanneer ’n maat in die moeilikheid is …
A - Probeer jy uitvind wat jou maat pla en probeer planne beraam om te help
B - Probeer jy jou maat beter laat voel deur te gesels en wawiele te doen
C- Knibbel jy jou maat liggies sodat hy/sy weet julle is maats

Jou gunstelingkoek is …
A - Sjokoladekoek
B - Enige koek, solank dit mooi versier is
C - Wortelkoek