Skip to main content Skip to footer

Luistertoets Offers vir die vlieë

Luistertoets:

Offers vir die vlieë

Ideaal vir gr. 11 en 12 HT

Boekvoorlesing:

Offers vir die vlieë, Fanie Viljoen
(Maroela Media, https://iono.fm/e/823743, 2020)

1. Kies elke keer die regte opsie:

1.1 In watter genre val Offers vir die vlieë? Is dit (misdaadfiksie, ’n kinder- verhaal, ’n jeugverhaal, algemene fiksie)
1.2 Is Offers vir die vlieë ’n historiese roman, oorlogsverhaal, distopiese fiksie (wat in die onmiddellike toekoms afspeel)? (2)

2. Hoekom dink jy word hoofstuk 2 verdonkering genoem? Na watter gebeure in ons geskiedenis dink jy verwys dit? (3)

3. Watter woorde in hierdie luisterteks dui op oorlog? Gee VIER. (4)

4. Waarna dink jy verwys “torings in die wolke”? Gee EEN woord. (1)

5. Wat is die groot verskil tussen die hede en die verlede (volgens hierdie luisterteks)? (2)

6. Wat was die simbool van die bose in die grenslose verlede wat net deur sommige mense gesien kon word? (1)

7. Watter towerkrag moes mens gebruik om die bose te kon sien? (1)

8. Hoe verskil die boeke van die hede van die boeke van die verlede? (2)

9. As wat staan die vyand bekend? (1)

10. Hoe klink haar stem as dit “soos swaar weer oor ons bulder”? (2)

11. Wie staan teenoor die “saliges”? (1)

/20/

Antwoorde:

1.1 jeugverhaal
1.2 distopiese fiksie (2)
2. ’n Bepalende dag in die verlede toe die torings deur die wolke geval het. Daar was vuur en vlamme en die wolke het voor die son ingeskuif.
Dit verwys waarskynlik na die 11de September 2001 toe terroriste in die Twin Towers vasgevlieg het. (3)
3. “makkers”, “troepe”, “front”, “verdedigers”, “mag” (4)
4. wolkekrabbers, toringgeboue (1)
5. In die verlede was daar nie grense nie en mense kon sê, dink of doen wat hulle wou, maar nou is daar duidelike grense. (2)
6. Die slang. (1) 7. Tegnologie. (1)
8. In die hede is daar net een rein boek wat almal se lewens rig en die
grense rig. In die verlede was daar baie swart boeke met die slang in. Al die vorme waarin boeke voorgekom het, was boos. (2)
9. Die antimag. (1)
10. Dit klink bedreigend/onheilspellend/baie hard/maak jou bang. (2)
“afvalliges” (1)