Skip to main content Skip to footer

Louis Pretorius gesels oor Kompleks

Kompleks

Skrywer: Louis Pretorius

Ouderdom: 17+

Aanbevole graad: Graad 10 en 11 Huistaal

Sean is nog altyd gefassineer deur die heelal en alles daarin. Hy lê gereeld in die aande in sy bed en dink aan al die mense wat voor hom op aarde was. Hoe almal gepoog het om die heelal te verstaan: waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Die probleem is, jy weet nie wat gebeur met jou in die ander heelalle nie en die kans om hulle ooit te sien is skraal of nul. Hy ontmoet vir Mika. En hulle lewens verander vir ewig. Altans, dit verander in hiérdie heelal ...

Louis Pretorius is ’n bekende en bekroonde regisseur. Hy het al verskeie suksesvolle TV-reekse soos “Die Boekklub”, “Fynskrif” en “Fraksie” geskryf. Kompleks, Pretorius se debuutroman, is ’n verwerking van dieselfde TV-reeks wat op Showmax te sien is.