Skip to main content Skip to footer

Leesaktiwiteit: Iemand wat verdrink

Iemand wat verdrink en ander verhale

Samesteller: Fanie Viljoen

Aanbevole grade: Graad 8 tot 10

Die kortverhaal, Superzero's, deur Fanie Viljoen, was onlangs voorgelees op RSG. Jy kan hier na die opname luister.

Luister na die kortverhaal, en beantwoord hierdie kontekstuele vrae uit die Leesgids:

  1. Benoem en verduidelik die beeldspraak in die frase: “Hy pomp sy spiere ekstra hard op”. 
  1. Is die Hulk se voorspelling, “Prepare to be amazed” toe bewaarheid? Motiveer jou antwoord.

  2. Gee 'n sinoniem vir “wiebel”.

  3. Gee 'n Afrikaanse woord vir “pop” in die sin: “Of 'n oog om uit sy kas uit te pop.”

  4. Haal ‘n voorbeeld van 'n hiperbool uit die teks aan.

  5. “Te laat besef ek my fout."
    • Wat was die “fout” waarna hier verwys word? 
    • Wat was die gevolg van die fout?
    • Hoekom was dit so 'n ernstige fout?