Skip to main content Skip to footer

LAPA se nuutste Jeugromankompetisiewenners

 

Kyk hierdie video waar smaakmaker Anschen Conradie en skrywer Marion Erskine die wenners aankondig:

 

Veels geluk aan die wenners van die LAPA 2023-Jeugromankompetisie!

Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en dié gewilde kompetisie trek elke slag groot name, soos Annelie Ferreira, Fanie Viljoen en Nerine Ahlers.

Daar is vanjaar drie naaswenners sowel as as ʼn algehele wenner. Ons kondig nié vanjaar ʼn wenner per afdeling aan nie. Daar was nie genoeg inskrywings in die jonger tieners- en jongvolwassenes-afdeling om die manuskripte teen mekaar te meet en te laat kompeteer nie. Gebaseer op die beoordelaars (Chase Rhys, Veruschka Louw en Theresa van Baalen) se terugvoer, het ons besluit om eerder vir die manuskripte wat algeheel die hoogste punte gekry het as die wenners aan te wys.  

Fanie Viljoen stap weg met die eerste prys vir sy boek, Ons laaste legendariese somer, en daarmee saam kry hy ‘n stewige tjek van R30 000.

Die drie naaswenners is Jacolet van den Berg (Bravo! Charlie), Zelda Bezuidenhout (Quinn se jaar van kwik) en Annerle Barnard (Sterstof).

Die kompetisie se prysgeld beloop R60 000 en selfs skrywers wat nie in die topdrie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

Fanie se boek sal in September op die rakke wees, Zelda se boek in Oktober en Annerle en Jacolet se boeke verskyn beide in November. Van die ander boeke op die kortlys staan ook steeds ‘n kans om in die volgende jaar gepubliseer te word.