Klasgids 2025
Hoe lyk die tydskrif?
Een gids kan vir die hele skool se Afrikaansonderwysers aangekoop word en bestaan uit die volgende
- Toetse en eksamenvrae met nasienriglyne.
- Huistaal- en eersteaddisioneletaal-take vir elke fase.
- Visuele tekste en luisterbegrippe.
- Bespreking en ontleding van letterkundige tekste.
Klik hier om die inhoudsopgawe van Augustus 2024 se Laerskool Klasgids te bekyk.
Klik hier om die inhoudsopgawe van Julie 2024 se Hoërskool Klasgids te bekyk.
Redaktrise van Klasgids en oudonderwyser, Kathie Viljoen, het in 'n LitNet onderhoud met Naomi Meyer gesê:
Ons doel met die Klasgids is om onderwysers te help met idees vir die klaskamer, om te wys hoe ander skole dinge doen, en om jou te verryk en aan te spoor om dalk meer kreatief met take/assesserings om te gaan of om iets anders te probeer. Ons fokus is om alle aspekte van die leerplan, soos in die KABV aangedui, te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies. Met elke uitgawe is daar ook woordspeletjies in – soos woordsoek, woordblokkiesraaisels met idiome, woordeboekgebruik, ens.
Hoe bekom ek die Klasgids?
Opsie 1: Plaaslike boekwinkel soos PNA en Bargain Books
Opsie 2: Paxi @R65 per aflewering per uitgawe
Opsie 3: Deur-tot-deur tussen R85-R120 per aflewering
Geen koste indien jy binne 20 km radius van Kaapstad-/Midrand-kantoor woon / jou skool binne die radius geleë is.
Publikasiedatums:
Februarie en Augustus
Pryse (Aflewering uitgesluit):
R380 vir x2 Laerskoolgidse
R380 vir x2 Hoërskoolgidse
Klik hier om jou kwotasie aan te vra.