Skip to main content Skip to footer

Klasgids 2024

Die Klasgids is terug in hardekopie! 

Hierdie publikasie is die antwoord op Afrikaansonderwysers se noodkreet vir hulpbronne, en van 2024 sal die Klasgids nie net weer as hardekopie beskikbaar wees nie, maar ook by uitgesoekte boekwinkels!
 
Die Klasgids bestaan sedert 1965 en is gemik op ondersteuning van Afrikaansonderwysers in die laerskool en die hoërskool. Die Klasgids bestaan uit artikels oor alles wat in die Afrikaansklas gebeur en wat onderwysers nodig het: toetse, take, mondelinge, skryftake en eksamenvrae – alles gebaseer op die KABV en die nasionale leerplan.

Dit is dalk een van die enigste bronne wat ons onderwysers in hul klasse gebruik en hul metodiek aanvul en selfs versterk

- John Visagie, Afrikaansonderwyser

Hoe bekom ek die Klasgids?
Opsie 1: Plaaslike boekwinkel soos PNA en Bargain Books
Opsie 2: Paxi @R65 per aflewering per uitgawe
Opsie 3: Deur-tot-deur tussen R85-R120 per aflewering
Geen koste indien jy binne 20 km radius van Kaapstad-/Midrand-kantoor woon / jou skool binne die radius geleë is.
 
Publikasiedatums:
Februarie en Augustus
 
Pryse (Aflewering uitgesluit):
R360 vir x2 Laerskoolgidse
R360 vir x2 Hoërskoolgidse

Wil jy deel raak van die Klasgids-span? Klik hier om 'n kwotasie vir die Klasgids aan te vra!

Die "Klasgids" is onontbeerlik vir die Afrikaans-vakspan en die Engels-kollegas wens dat hulle ook so 'n hulpbron gehad het!

- Janine de Villiers, Afrikaansonderwyser