Skip to main content Skip to footer

Klasgids 2023

Het jy al van Klasgids gehoor?

Ons vertel oor Klasgids, ons digitale tydskrif vir taalonderwysers.

 

Ontmoet die redakteur:

Kathie Viljoen is ’n ervare onderwyser met 18 jaar ondervinding in Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele taal, vir leerders van graad 7-12. Sy was medeskrywer van boeke soos Afrikaans +: Everything you need to obtain top marks; Vrae en antwoorde vir die klaskamer Graad 7-9; Vrae en antwoorde vir die klaskamer Graad 10-12 sowel as verskeie studiegidse en taalhandboeke. Sy bied ook gereeld webinare aan en van haar gunstelingonderwerpe: Visuele tekste en grafiese romans.

In 'n LitNet-onderhoud (2021) met Naomi Meyer sê sy:

Ons doel met die Klasgids is om onderwysers te help met idees vir die klaskamer, om te wys hoe ander skole dinge doen, en om jou te verryk en aan te spoor om dalk meer kreatief met take/assesserings om te gaan of om iets anders te probeer. Ons fokus is om alle aspekte van die leerplan, soos in die KABV aangedui, te dek: Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en -konvensies. Met elke uitgawe is daar ook woordspeletjies in – soos woordsoek, woordblokkiesraaisels met idiome, woordeboekgebruik, ens.

 

Hoe lyk die tydskrif?

Een gids kan vir die hele skool se Afrikaansonderwysers aangekoop word, en teen slegs R600 ontvang jy vier digitale uitgawes van 64 bladsye wat die volgende insluit:

  • Toetse en eksamenvrae met nasienriglyne.
  • Huistaal- en eersteaddisioneletaal-take vir elke fase.
  • Visuele tekste en luisterbegrippe.
  • Bespreking en ontleding van letterkundige tekste.

Klik hier om die inhoudsopgawe van Julie 2023 se Laerskool Klasgids te bekyk.

Klik hier om die inhoudsopgawe van Julie 2023 se Hoërskool Klasgids te bekyk.

 

Hoe bekom ek Klasgids?

Indien u graag ’n kwotasie wil hê, stuur gerus ’n e-pos aan info@klaskameraad.co.za en sluit asb. die volgende in:

  • Naam en van
  • Skool se naam
  • Skool se adres
  • Gekose pakket: Laerskool/Hoërskool/albei

Die onderskeie pakkette kan aanlyn aangekoop word.