Gratis Studiegids: Thomas@moord.net
Thomas@moord.net Studiegids
Saamgestel deur: Cila Walters en Izak de Vries
Voorgestelde grade: Graad 8 tot 9 Huistaal en Graad 10 tot 11 Eerste addisionele taal
Hierdie gratis studiegids is gebasseer op Carina Diedericks-Hugo se jeugverhaal Thomas@moord.net.
Meer oor die boek:
Thomas is nie lus om te trek nie. En hy is nog minder lus om ʼn nuwe halfboetie of -sussie te kry, al is sy stiefma, Louisa, eintlik nogal cool. Boonop is hulle nuwe blyplek ʼn stokou Victoriaanse huis. Sommer gou begin allerlei vreemde dinge in die nuwe huis gebeur. Thomas hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy rekenaar se drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Kan dit wees dat daar regtig ʼn spook in die huis is? Saam met sy vriende, Hannes, Alex en Thabo, probeer Thomas om die raaisel van die huis op te los … ʼn raaisel wat hulle in groot gevaar laat beland.
Klik hier om die volledige, gratis studiegids af te laai.
