Skip to main content Skip to footer

Gratis Studiegids: Thomas@aqua.net

Thomas@aqua.net Studiegids

Saamgestel deur: Cila Walters en Izak de Vries

Voorgestelde grade: Graad 8 tot 9 Huistaal en Graad 10 tot 11 Eerste addisionele taal

Hierdie gratis studiegids is gebasseer op Carina Diedericks-Hugo se jeugverhaal Thomas@aqua.net.

Meer oor die boek:

Die derde avontuur in die topverkoper-reeks Thomas@ is hier! Die toetsreeks is verby en ’n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek ’n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos ’n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op ’n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar! Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekoes of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét dat hy haar gesien en met haar gepraat het. Soos die vorige twee boeke in die reeks, sal lesers aqua.net nie kan neersit nie, nie eers vir die heel grootste family-size pizza óóit nie!

Klik hier om die volledige, gratis studiegids af te laai.