Skip to main content Skip to footer

Gratis Emosiewiel Aflaaibaar

Op die plaas-emosiereeks

Skrywer: Theresa van Baalen

Ouderdom: 5+

Emosies is kompleks en kan dikwels oorweldigend wees. Kinders ervaar dieselfde spektrum van emosies as volwassenes en hulle gevoelens is nie noodwendig minder intens omdat hulle kleiner is nie. Dit is belangrik dat ons hulle toerus met 'n emosionele woordeskat, sodat hulle kan weet hulle gevoelens het 'n naam en dat ander mense ook soms so voel.

Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender ervaar emosies baie dieselfde as kinders. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang. Die Op die plaas-emosiereeks bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer. Elk van die vier boeke bevat 'n QR-kode wat geskandeer kan word vir die oudioboek met voorlesing deur die befaamde en talentvolle Ruda Landman.

Geen twee situasies of emosionele ervarings is dieselfde nie, maar stories plaas dinge in konteks en kan 'n goeie aanknopingspunt wees as jy jou kind wil help om sy of haar gevoelens beter te verstaan of te verwerk.

'n Emosiewiel kan jou baie help om die regte woorde te vind om jou kind se gevoelens te benoem. Laai nou die gratis emosiewiel af wat jy saam met jou kind kan bestudeer en hom/haar só help om sy emosies te navigeer.