Skip to main content Skip to footer

Gratis advertensie- en spotprentaktiwiteit

Hoërskool Klasgids Februarie 2024

Samesteller: Kathie Viljoen

Soos julle weet, bestaan Klasgids sedert 1965 en is gemik op ondersteuning van Afrikaansonderwysers in die laerskool en die hoërskool. Die Klasgids bestaan uit artikels oor alles wat in die Afrikaansklas gebeur en wat onderwysers nodig het: toetse, take, mondelinge, skryftake en eksamenvrae – alles gebaseer op die KABV en die nasionale leerplan.

Dit is wat jy in ons nuutste uitgawe kan verwag:

  • Pret met woorde (Graad 8-12 HT & EAT) deur Carmen van Staden
  • Die koerant in die klaskamer (Graad 8-9 HT) deur Corné Marais
  • Ongesiene gedigte (Graad 8-9 HT) deur Kathie Viljoen
  • Ongesiene gedigte (Graad 10 & 11 EAT) deur Elmarie Schwartz Botha
  • Gedigte-analise (Graad 11-12 HT & EAT) deur Diané le Grange
  • Begrip en spotprent (Graad 9 HT) deur Andrea Dednam
  • Afdeling A: Begrip en Grafiek (Graad 9 EAT) deur Helena Greyling
  • Begrip en advertensie (Graad 10 & 11 EAT) deur Elmarie Schwartz Botha
  • Infografika & Taalvrae (Graad 11-12 EAT) deur Chantelle Trytsman
  • Visuele tekste: Advertensies & Spotprente (Graad 11 & 12 EAT) deur Joline de Klerk
  • Analise van strokiesprent (Graad 11-12 HT) deur Gerda Kleynhans
  • Die ABC van Suid-Afrika (Graad 8-12 HT & EAT) deur Carmen van Staden
  • Onvoorbereide debat (Graad 8-12 HT & EAT) deur Nicolene Muller
  • Die proses van die verhalende opstel (Graad 8-10 HT & EAT) deur Hanneke Basson

Die bydraes in hierdie tydskrif is ingestuur deur hoërskoolonderwysers regoor die land! Op hierdie manier maak ons seker die inhoud is relevant, uniek en ideaal vir jou klaskamer.

Klik hier om Joline de Klerk se aktiwiteit oor advertensies en spotprente gratis af te laai.