Skip to main content Skip to footer

Gif Uittreksel

Gif

Skrywer: Annerle Barnard

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 10 tot graad 11 huistaal

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood. Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook. Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

Klik hier om die eerste hoofstuk van Gif deur Annerle Barnard te lees.