Ons aanlyn winkel
Gratis materiaal
Nuus
Onderhoude
Skolekatalogus
Skoolbesoeke
Uittreksels
Videos
Webinare
Kontak Ons
Ek lees self Sigwoordboek
Ek lees self Sigwoordboek
Samesteller: Wendy Maartens
'n Resepteboek vir lees? Ja, dit is presies wat Wendy Maartens se Ek lees self-reeks se Sigwoordboek is. 'n Boek wat mamma en juffrou help om al die woorde in die leesreeks goed vas te lê sodat jou beginnerlesertjie dit nie elke keer hoef te klank nie.
Die woorde is in gerieflike kolomme gerangskik van die kortste tot die langste woorde in die leesreeks met take en speletjies vir afwisseling.
Al wat nodig is:
Oefen 5 tot 10 woorde op 'n dag van Maandag tot Donderdag. Vrydag en naweke is speeltyd!
Die geheim is om elke dag weer by kolom een te begin en al die vorige woorde deur te lees voordat die nuwe woorde bygelees word.
Kort voor lank het jou beginnerlesertjie 'n stewige greep op 915 sigwoorde wat lewenslank deel van sy gereedskapskissie gaan wees.
Klik hier om 'n aktiwiteit uit die sigwoordeboek af te laai.
